Ons sonnestelsel 8.1 (video 1 oor verrassende Maanstrajekte)
R20.00
MP4
Video: Ons sonnestelsel 8.1
Spreker: Hennie Mouton
Die MP4 mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.
Die maan se trajekte om die aarde volg ‘n maandelikse, jaarlikse asook ‘n 18.6 jaar patroon wat vir baie mense nuus sal wees. Hierdie video wys dit uit en verduidelik ook hoekom dit so is. Die maandelikse en jaarlikse patroon is heel eenvoudig om self deur waarneming na te gaan, maar aspekte daarvan sal vir baie mense verrassend wees, al hou hulle die maan al hoe lank taamlik gereeld dop. Hoe meer ons weet, hoe beter sien ons.
2 reviews for Ons sonnestelsel 8.1 (video 1 oor verrassende Maanstrajekte)
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Hennie Mouton –
Eddie, dit is definitief moontlik om die video op jou selfoon te kyk, alhoewel mens beter sal sien op ‘n rekenaar. Die bestelproses is verbeter, so bestel maar net weer (dis steeds gratis), en laat weet as daar steeds probleme op jou selfoon is.
Eddie Commerford –
Ek glo dit sal ‘n 5 wees. Applikasie het my nie die geleentheid gegee om die video eers te sien nie.