6000 jaar volgens die Bybel, deel 1 (video)
R30.00
MP4 (kry dit via die koopproses)
Video: 6000 jaar volgens die Bybel, deel 1
Spreker: Hennie Mouton
Die MP4 mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom. Oorweeg asseblief om op die webwerf se gratis nuusbrief in te skryf – druk op die donkerrooi intekenknoppie.
Hierdie is die 1ste van ‘n reeks video’s oor die Bybel, wetenskap, skepping en evolusie. Deel 1 gee inleidende agtergrond en wys dat die Bybel uitspel dat omtrent 6000 jaar verloop het sedert die skeppingsweek tot nou. Goeie redes word gegee waarom die saak van skepping of evolusie, en saam daarmee ouderdomme, van groot belang is – dit kan bepaal tot watter mate mens die Bybel en al sy leringe glo. Dit kan dus geloofsversterkend of geloofsafbrekend wees. Die groot verskil tussen skepping en evolusie gaan nie oor operasionele wetenskap nie, maar oor oorsprongswetenskappe. Dieselfde data is vir Bybelgelowiges en evolusioniste beskikbaar, maar die bril waardeur daarna gekyk word, verskil geheel en al, en daarom is hulle oorsprongshipoteses heeltemal verskillend. Die vraag is watter hipotese klop die beste met al die data.
2 reviews for 6000 jaar volgens die Bybel, deel 1 (video)
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Gideon –
Niemand wat die Bybel aanvaar as die geïnspireerde en algenoegsame Woord van God kan die (+-) 6,000 jaar sedert die skepping van Genesis 1-2 ontken nie. Jy aanvaar of verwerp beide tegelyk.
Koos Carstens –
Nou verstaan ek waar die 6000 jr vandaan kom