Ons sonnestelsel 1 (video oor die planete, die Maan en Venus se fases en waarom Venus die môre- en aandster is)
R30.00
MP4
Video: Ons sonnestelsel 1
Spreker: Hennie Mouton
Die MP4 mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.
Hierdie is die 1ste van my video’s oor ons sonnestelsel en sy planete. Dit is gebaseer op ‘n 3-dimensionele dinamiese simulasie wat ek dekades gelede begin ontwikkel het, en die afgelope tyd begin opdateer het omdat die maansverduistering van 16 Mei 2022 ‘n baie lekker toetspunt was. Hierdie simulasie wys al die planete (ingesluit Pluto) se wentelbane, dit wys ook die wenteling van die Maan om die Aarde, en dit wys ook hoe die Son rondbeweeg omrede die swaar planete wat om hom wentel. Verder wys dit hoe die Maan se fases werk, asook dat Venus ook fases het soos gesien vanaf die Aarde.
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Reviews