Ons sonnestelsel 2 (video oor Maanfases en Sons- en Maansverduisterings)
R30.00
MP4
Video: Ons sonnestelsel 2
Spreker: Hennie Mouton
Hierdie is die 2de van my video’s oor ons sonnestelsel en sy planete. Dit is gebaseer op ‘n 3-dimensionele dinamiese simulasie wat ek dekades gelede begin ontwikkel het, en die afgelope tyd begin opdateer het. Hierdie aanbieding konsentreer op die sigbaar-met-blote-oog-planete (Venus tot Saturnus) se wentelbane, dit wys ook die wenteling van die Maan om die Aarde, en dit wys in groter detail hoe die maan se fases werk, en wanneer mens sons- en maansverduisterings kry. Ons was in Junie 2022 in ‘n uitsonderlike posisie dat al die sigbare planete (en Mercurius) in een kwadrant in die ruimte gehang het.
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Reviews