Verken Lewenswetenskappe verder – ‘n kritiese evaluering van evolusie (e-boek)

R40.00

E-boek

Verken Lewenswetenskappe verder – ‘n kritiese evaluering van evolusie

Skrywer: Dr H D Mouton

Die doel van hierdie boek is om onder andere aan onderwysers, leerders en hul ouers op die wetenskaplik onoortuigende aard van die evolusiemateriaal te wys wat in die graad 12 vak Lewenswetenskappe in 2008 aangebied is. Een van die beter handboeke was Verken Lewenswetenskappe, met skrywers F. Clitheroe, M. Doidge, S. Marsden, S. Rampou en I. Van Aarde, en dis op hierdie handboek waarop hoofsaaklik gekonsentreer word. Daar word ook gewys op die manier waarop die skepping soos in die Bybel geopenbaar, aan byvoorbeeld Afrika mites oor oorspronge en verdraaiings van ander volke, gelyk gestel word. Daarteenoor stel die Bybel dit duidelik Wie die Skepper is, waarvan die volgende verse ’n besondere voorbeeld is:
Joh. 1:15 : In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

1 review for Verken Lewenswetenskappe verder – ‘n kritiese evaluering van evolusie (e-boek)

  1. Hanri

    Baie goed

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.

Op soek na iets anders?

Search
×