Skepping en Evolusie: onversoenbaar! (gedrukte boek, 4de weergawe)
R250.00
Skepping & Evolusie – onversoenbaar!
Skrywer: Hendrik D Mouton
400 bladsye, die bladsye het verminder van die vorige weergawes want die bladsygrootte is vergroot van A5 na C5.
Hierdie boek is bedoel vir mense:
• wat onder die indruk verkeer dat evolusie wetenskaplik bewys is; of
• wat van mening is dat daar ʼn redelike kans is dat evolusie waar kan wees; en/of
• wat vrae het oor die strydige stellings van die Bybel en die bewerings van sekere velde van die wetenskap; en/of
• wat dink dat God deur middel van evolusie geskep het; en/of
• wat al soms gewonder het of daar werklik goeie wetenskaplike waarnemings bestaan wat op ʼn jong aarde en heelal dui, soos wat ʼn direkte lees en verstaan van die Bybel (soos dit geskryf is) verklaar; en/of
• wat die sienswyse huldig dat Gen. 1 – 11 slegs simboliese betekenis het en wat onder andere wonder wat die simboliese betekenis van die vroeë mense in die geslagsregister se spesifieke hoë ouderdomme kan wees; en/of
• wat as leraars opgelei is en dit moeilik vind om sinvol en toepaslik uit Gen. 1 – 11 te preek; en/of
• wat in wetenskaplike en historiese kwessies geïnteresseerd is en dit as ʼn groot voorreg beskou om God se hand en genade in sy wonderbaarlike skepping te sien; en/of
• wat besef dat skeppings- en oorsprongkwessies ʼn natuurlike aanknopingspunt kan vorm om met wetenskaps- en natuuringestelde mense oor God en die evangelie van Jesus Christus te gesels; en/of
• wat die gevaar van die evolusieleer besef en kennis wil bekom om dit te weerlê.
Velerlei Bybelse gegewens dui op ‘n duisende jare ou aarde en heelal met die 4 vernaamstes die volgende:
• die beskrywing van die dae van die skeppingsweek in Gen 1;
• die geslagsregisters en die name en ouderdomme in Genesis en groter tydperke elders in die Bybel;
• die instelling van die 6 dae werk en 1 dag rus in Eks 20:11 met die verwysing daar na die skeppingsweek ; en
• die uitspel in Rom 5 en 8 dat daar geen dood was voor Adam se sondeval nie wat die hele fossielrekord en die geologiese kolom plaas ná Adam se tyd.
Die aansprake van vertolkings van oorsprongswetenskappe wat miljoene jare verklaar en dan vertolkings van dieselfde data wat baie jonger ouderdomme gee, word bespreek. die leser moet dan self besluit watter vertolkings die beste met al die data klop — die evolusie- en megajaarmodel of die skeppingsmodel. Daar word gekyk na meeste wetenskapsvelde — geologie, argeologie, biologie, palea-antropologie (aapmense en ander bedrog), volke en tale, en sterrekunde (die ver-sterlig-jong-skepping-probleem asook die geen-oud-na-jonk-struktuur-oor-afstand-probleem word bespreek).
Laastens word talle aanhalings van evolusioniste self gegee wat hul eie onsekerhede in die evolusiemodel uitspel.
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.







Reviews