6000 jaar volgens die Bybel, deel 8 (video)
R30.00
MP4 (kry dit via die koopproses)
Video: 6000 jaar volgens die Bybel, deel 8
Spreker: Hennie Mouton
Die MP4 mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.
Hierdie is die 8ste van ‘n reeks video’s oor die Bybel, wetenskap, skepping en evolusie. In Deel 8 noem ek ‘n interessante ontdekking van die hoë ouderdomme van Neandertalmense en ek sluit dan my bespreking van sogenaamde aapmense af. Daarna word die spore en nalatenskap van Noag se kleinseuns dwarsoor die wêreld bespreek, asook vloedverhale met merkwaardige ooreenkomste met die Genesisvloed wat in talle nasies en kulture bestaan. Die antieke Sjinese het nie net ‘n soortgelyke vloedverhaal nie, hulle het selfs geweet van die Tuin van Eden en die verbode Boom.
Ek bespreek ook die saak van taalontwikkeling en wys daarop dat nuwer tale minder struktuur het as ou tale. Dit dui daarop dat die oudste tale baie struktuur gehad het wat inpas by die bonatuurlike skep van tale by Babel soos beskryf in die Bybel. Dit weerspreek die evolusionistiese natuurlike ontwikkeling van tale geheel en al.
Die reeks word afgesluit deur die aanhaal van heelwat toepaslike Skrif waarin onder andere gesien kan word dat die skepping deur en tot eer van Jesus, die Alfa en die Omega, plaasgevind het – Hy Wie was, Wie is en Wie sal wees.
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Reviews