6000 jaar volgens die Bybel, deel 6 (video)

R30.00

MP4 (kry dit via die koopproses)

Video: 6000 jaar volgens die Bybel, deel 6

Spreker: Hennie Mouton

Die MP4 mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.

Hierdie is die 6de van ‘n reeks video’s oor die Bybel, wetenskap, skepping en evolusie. Deel 6 bespreek die basiese beginsels waarop radiometriese datering werk, insluitende maar nie beperk tot koolstof-14 nie. Dit wys met onlangse gebeure, soos die lawa-uitbarstings by Mount St Helens, en bekende historiese lawastortings oor die afgelope 3800 jaar, dat radiometriese daterings tipies hopeloos te groot antwoorde gee. Die denkwyse rondom die Geologiese Kolom – sedimentêre rotslae, en waarom dit ook nie miljoene jare bewys nie, word ook bespreek.

Die sogenaamde Kambriese ontploffing van fossiele, fossiele wat uit plek is volgens die evolusionistiese model, verlore rotslae en oorgangsfossiele word bespreek, asook die getuienis van Mount St Helens se uitbarstings in die 1980’s. Laasgenoemde het modderstortings, ontworteling van bome en selfs ravynvorming tot gevolg gehad, wat baie lig werp op die vorming van reuse ravyne soos die Grand Canyon. Vouingsgebergtes soos te vinde in SA se Swartbergpas en Meiringspoort, dui ook sterk op vloedgebeure.

Reviews

Be the first to review “6000 jaar volgens die Bybel, deel 6 (video)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.

Op soek na iets anders?

Search
×