6000 jaar volgens die Bybel, deel 4 (video)
R30.00
MP4 (kry dit via die koopproses)
Video: 6000 jaar volgens die Bybel, deel 4
Spreker: Hennie Mouton
Die MP4 mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.
Hierdie is die 4de van ‘n reeks video’s oor die Bybel, wetenskap, skepping en evolusie. Deel 4 gee ‘n oplossing vir die bekende kwessie van ver sterlig en ‘n relatief jong skepping, wat klop met Bybelse gegewens. Dit wys ook dat die Oerknal(Big Bang)-model soortgelyke probleme het wat nie erken word nie, en waarvoor die oplossings onbekend is. Die nuutste heelalontdekkings is besig om ‘n skeppingsmodel vir die oorsprong van die heelal te bevestig deurdat ‘n skeppingsmodel dit kan verklaar, maar die Oerknalmodel kan nie. Een so ‘n kwessie is dat die heelal nie ‘n oud-na-jong-struktuur teenoor afstand vertoon nie. ‘n Tweede is dat die heelal konsentriese sfere van dig en ylverspreide hemelobjekte vertoon om ons Melkwegstelsel – iets wat uitroep na spesiale skepping.
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Reviews