6000 jaar volgens die Bybel, deel 2 (video)
R30.00
MP4 (kry dit via die koopproses)
Video: 6000 jaar volgens die Bybel, deel 2
Spreker: Hennie Mouton
Die MP4 mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.
Hierdie is die 2de van ‘n reeks video’s oor die Bybel, wetenskap, skepping en evolusie. Deel 2 wys dat die Bybelse tydskale en evolusionistiese tydskale van miljarde jare geensins versoen kan word nie. Dit wys ook dat soorte volgens die Bybel reg van die begin af geskep is, en dat die dae van die skeppingsweek niks anders as dae van normale lengte kan beteken nie. Christene kan en behoort Natuurlike Seleksie te aanvaar, maar Natuurlike Seleksie is glad nie ‘n bewys vir evolusie nie. Hoe Natuurlike Seleksie werk, en dat dit genetiese inligting verminder, word verduidelik, asook hoe dit ondersteun dat God aanvanklik verskillende soorte geskep het om in hulle soorte voort te plant. Subspesie-ontwikkeling het wel gebeur, en gebeur steeds. Evolusie vereis nie net dat die mens en die aap ‘n gemeenskaplike voorganger gehad het nie, maar dat selfs die mens en die vrugtevlieg ‘n gemeenskaplike voorganger gehad het. Verlore skakels is dus verlore tussen alle soorte.
1 review for 6000 jaar volgens die Bybel, deel 2 (video)
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Hanri –
Werklik leersaam!