Jesus is die Koning (bladmusiek en teks)
R60.00
Kersfees is nou maar eenmaal ‘n hoogtepunt in die lewe van ‘n kind. Maar weet hulle waaroor Kersfees werklik gaan? Hierdie boek bevat die bladmusiek van die album met dieselfde naam – Jesus is die Koning. Die meegaande teks kan maklik opgevoer of voorgelees word sodat kinders die gebeure van die sondeval, die geboorte van Jesus, sowel as Sy kruisiging en opstanding kan uitspeel. Dit sluit af met die verwagting dat Hy weer gaan kom. Dit is geskik vir formele opvoerings maar ook maklik om as imprompto opvoerings in familieverband te gebruik tydens Paasfees of Kersfees.
Komposisies: Ellison Mouton
Teks: Ellison Mouton
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.







Reviews