Loekie Leeu leer Respek (boek)
R180.00
Loekie Leeu is die seun van die koning, maar hy moet nog leer wat dit beteken om ander met respek te behandel. In hierdie 6 stories leer hy om ander te behandel soos hy self behandel wil word. Hy leer om geduldig te wees en nie lelike te praat nie. Hy leer om te vergewe en ander nie seer te maak nie. Hy leer hoe die seun van die koning in alles ander met respek behandel.
Outeur: Ellison Mouton
Illustrasies: Ingrid Mpofu en Ellison Mouton
.
1 review for Loekie Leeu leer Respek (boek)
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.














Hannah –
Baie dankie Ellison, vir die kosbare stories van Loekie Leeu.
Drie seuntjies het individueel na Loekie Leeu wat geleer het om vir Bobbejaan te vergewe, geluister.
Daarna kon hulle elkeen aan iemand dink wat hulle seergemaak het met woorde of dade. Hulle kon sê wat die maatjie gedoen het, hoe hulle gevoel het en waarom hulle dink die maatjie hulle seergemaak het. Nadat hulle meer begrip en deernis gekry het vir die maatjie, was hulle bereid om die maatjie te vergewe. Nadat ons die Skrif gelees het aan die einde van die storie, het elkeen gebid en daardie maatjie vergewe. Hulle getuienis ‘n week later, was dat hulle harte nou oop is teenoor die maatjie en dat een maatjie selfs kom sê het dat hy jammer is oor wat hy gedoen het.
Later het ‘n ander groep kinders saam na die storie geluister en aan die einde kon hulle ook elkeen iemand vergewe wat hulle seergemaak het.
Dankie vir jou gehoorsaamheid om die boeke te skrywe en so mooi te illustreer vir kinders.
Mag ons Hemelse Vader jou seën.