Jy is Myne

R370.00

Met hierdie hoëkwaliteitkoffietafelboek vertel die skrywer sy storie van die afgelope vier jaar saam met twee tienerseuns. Dit bevat heelwat volkleurfoto’s  van hulle reis saam met die skrywer. Albei van hulle is aan dwelms verslaaf. Dit is ‘n storie oor verslawing; ‘n storie so eie aan die tyd waarin ons leef; ‘n storie oor die pyn en hartseer in elke gemeenskap. Hierdie is ‘n storie van HOOP.  Vir elke verslaafde, sowel as vir elke persoon na aan ‘n verslaafde – ‘n geleentheid en nie ‘n verleentheid nie!

Outeur:     Cobus Jordaan

2 reviews for Jy is Myne

  1. Ellison Mouton

    Cobus se liefde vir hierdie seuns is duidelik. Die boek sluit vir ons ‘n wêreld oop waarvan ons omtrent niks weet nie. Cobus deel sy hart op ‘n besondere manier.

  2. Hennie Mouton

    Cobus Jordaan en sy vrou Emme werk voltyds in die gemeenskap van Melkhoutfontein. Die besonder kosbare boek bevat sy getuienis asook sy pad van hoop met twee van die talle seuns waarmee hy werk.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.

Op soek na iets anders?

Search
×