Waar was en is duiwels?
R0.00
E-dokument
Waar was en is duiwels?
Skrywer: Hennie Mouton
Die e-dokument mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.
Skrifgedeeltes oor duiwels en bose geeste word gegee – hulle kan nooit doen wat God hulle nie toelaat of beveel nie. Die ewigheid sal duiwelvry vir God se kinders wees, want dan sal Satan en sy trawante in die hel wees, maar dis nie waar hulle tans is nie. Die Skrifgedeeltes kan gebruik word om die volgende vrae te beantwoord:
Waar kom Satan en duiwels vandaan? Wanneer het hulle in opstand teen God gekom? Van wanneer af kan hulle nie meer in die hemel kom en voor God verskyn nie? Kan hulle enigiets doen wat God nie toelaat nie? Word hulle soms deur God gestuur om bose dinge te doen? Kry ons vandag nog duiwelbesetenheid? Was alle siektes tydens Jesus en sy apostels se tyd op aarde gekoppel aan die werke van duiwels? Is alle siektes vandag gekoppel aan die werke van duiwels? Waar is Satan en sy duiwels vandag? Wanneer sal Satan sodanig gebind word dat hy die nasies nie meer kan verlei nie? Wanneer sal Satan en duiwels in die hel gegooi word om vir ewig daar te wees?
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Reviews