Pasga, kruisiging en opstanding

R30.00

e-dokument

Pasga, kruisiging en opstanding

Skrywer: Hennie Mouton

Die e-dokument mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.

‘n Bybelsgebaseerde siening vir die spesifieke dae van die week van die pasga-ete(s), die kruisiging en die opstanding word gegee, met redelike verduidelikings vir Skrifgedeeltes wat indirekte inligting gee. Dit bespreek Jesus se uitspraak dat Hy soos Jona in die groot vis, 3 dae en 3 nagte in die graf sou wees – ‘n baie belangrike saak betreffende die kruisigingsdag want Sondag as die opstandingsdag is ‘n gegewe. Vier gratis video-aanbiedings hiervan is ook beskikbaar.

Beide sienings van ‘n Donderdag- en Vrydagkruisiging word bespreek. Sonder historiese inligting sou eersgenoemde die waarskynlikste gewees het, maar met historiese inligting blyk laasgenoemde die waarskynlikste. Dit is egter ook so dat historiese internetinligting nie 100% seker is nie.

Enigeen is natuurlik welkom om al die relevante Skrifgedeeltes te vat en by ‘n ander toekenning van die kruisigingsweeksdae te kom, en dit dan op te weeg met die voorstel in hierdie dokument.  Al gee die dokument nie ‘n 100% seker antwoord nie, is dit waardevol omdat dit weereens demonstreer dat die Bybel geglo kan word.

Reviews

Be the first to review “Pasga, kruisiging en opstanding”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.

Op soek na iets anders?

Search
×