Jesus verklaar Self dat slegs God aanbid mag word, maar net daarna laat Hy toe dat Hyself aanbid word. Daar is heelwat Skrif wat hierdie aanbidding van Jesus aantoon.

Hierdie feit is goeie getuienis teen Jehova-getuies se dwaalleringe. Maar hulle verkies om te argumenteer vanuit hulle eie verdraaide bybels en geskrifte as basis. Daar is egter ‘n geval waar hulle nog nie hul bybel kon verdraai om die waarheid weg te vertaal dat Christus ook God is nie.

‘n Gratis e-dokument met die relevante Skrif is op hierdie webwerf te vinde. Kry dit gerus en neem deel aan hierdie gesprek. Ek gebruik graag hierdie gesprekke om my skrywes uit te brei en te verbeter.

Search
×