Die bekendste siening is dat Jesus op Vrydag gekruisig is – ook genoem Goeie Vrydag. Maar daar is ook goeie rede om te glo dat Jesus op Donderdag gekruisig is. Alle Skrifgedeeltes moet verreken word, onder andere ook dies wat die volgende uitwys:
- Daar was ‘n pasga-ete vóór en ná die kruisiging
- Jesus was 3 dae en 3 nagte in die graf – wat beteken dit?
- Daar was speseryvoorbereiding/aankope net vóór en net ná ‘n sabbat.
‘n Relevante e-dokument en 4 video’s oor hierdie onderwerp is op hierdie webwerf te vinde. Kry dit gerus en neem deel aan hierdie gesprek. Ek gebruik graag hierdie gesprekke om my skrywes uit te brei en te verbeter.


