Hennie Mouton, Author at Waarheid in Liefde Produksies

Die onmoontlikheid van a-millennialisme
Ek sou graag kommentare wou sien op my skrywe oor die saak van a-millennialisme, en enigiemand wat anders dink, is baie welkom om hulle verstaan van die betrokke Skrifgedeeltes te verduidelik.  Genadiglik is hierdie nie ‘n saak van redding nie. Maar dit is belangrik want geen Skrifgedeelte is onbelangrik nie en die regte verstaan is ongetwyfeld verrykend en geloofsopbouend.

The post Die onmoontlikheid van a-millennialisme appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Die Meder-Persiese konings
Onderstaande is geneem uit die Daniël-Bybelstudie van hierdie webwerf.

Enigeen van die Meder-Persiese konings kon Artasasta genoem word, want dit beteken koning, soos Farao in Egipte.

Dan 11:2 En nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland.

My beste verstaan van die konings van die Meder-Perse is die volgende.

Dit lyk of daar genoeg sekulêre bevestiging is van die verwoesting van Jerusalem in 586/587 vC. Dit word dus as ankerpunt vir die jaartal gebruik. Soortgelyk is daar bevestiging van die val van Babilon in 539 vC. Dit verskil nie 70 jaar nie; daarom probeer die Jehova-getuies die verwoesting van Jerusalem skuif na 606/7 vC, maar dis die verkeerde oplossing.  Die antwoord is dat die Joodse ballingskap wyer as hierdie gebeure gestrek het – dit het al begin toe Daniël en die eerste ballinge weggevoer is na Babilon, baie jare voor Jerusalem en die tempel verwoes is.

Die Judeërs is 4 kere weggevoer:

Van 23 jaar voor Jerusalem en die tempel se verwoesting was Juda onderdanig aan Egipte, toe koning Joahas, seun en opvolger van Josia, gevange geneem en weggevoer is na Egipte, en Jojakim, ‘n ander seun van Josia, aan bewind gestel is deur Nego van Egipte, dus 609 vC.

In die 3de jaar van Jojakim se 11 jaar van onderdanige regering het Juda onderdanig aan Babilon geword, dus 607 vC. Daniël en ander ballinge is toe weggevoer (Dan 1:1-4).

Sy seun Jojagin volg hom op in 598 vC, regeer net vir 3 maande, en gee homself oor aan Nebukadnesar van Babilon. Judeërs word toe op groot skaal weggevoer in ballingskap na Babilon, en Nebukadnesar maak Jojagin se oom, Sedekia, die regeerder van Juda.

Sedekia rebelleer teen Babilon, en word 11 jaar later deur Nebukadnesar verslaan, en Jerusalem en die tempel word verwoes, en nog Judeërs word weggevoer in ballingskap. Dit was dan 586/587 vC.

Die konings van die Meder-Perse:

Darius, die Meder, seun van ‘n onbekende Ahasveros, was 62 toe hy Babilon verslaan en koning geword het, in 539 vC (Dan 5:30 en 6:1 wat direk opmekaar volg). Hy was Darius van Daniël in die leeukuil. Hy word opgevolg deur Kores die Pers. Dan 6:29 lyk of dit dié volgorde ondersteun. Ek stel 539-537 vC voor vir sy heerskappy, want die 70 jaar is om in sy 2de jaar (Sag 1:12 en 7:5), en ook in die 1ste jaar van Kores (Esra 1:1,2).

Kores, die Pers, gee bevel om die tempel te herbou, 70 jaar nadat die Judeërs in ballingskap weggevoer is, in die 1ste jaar van sy regering, dus 539 vC of 537 vC of 528 vC of 516 vC, afhangende van wanneer die begin van die ballingskap beskou word as. Ek werk op 537 vC want dit klop met Darius die Meder se 2de jaar en Kores se 1ste jaar. Ek stel dus 537-522 vC voor vir sy heerskappy want die sekulêre geskiedenis noem Darius die Grote as heerser van 522 tot 486 vC. Die regeerders 3 tot 5 en 7 hieronder is die 4 konings van Dan 11:2. Dit beteken Daniël het tenminste 15 (raai van sy ouderdom toe hy weggevoer is) + 606 (2de jaar van Nebukadnesar, kyk Dan 2:1) – 537 + 2 (kyk Dan 10:1) = 86 jaar oud geword. Kores is opgevolg deur Darius die Grote.

(Ek los Cambyses II as opvolger van Kores uit omrede Dan 11:2 se openbaring van 3 + 1 konings, met gedeeltelike bevestiging uit sekulêre geskiedenis – kyk verwysings heelonder. Cambyses II het moontlik gedeeltelik regeer terwyl Kores nog aan bewind was.)

Darius die Grote het geheers van 522 tot 486 vC, en hy is opgevolg deur Ahasveros van Ester.

Ahasveros van Ester, was ook Artasasta, die koning van Persië, genoem, vgl Esra 4:6-11. Hy verhoed dat die tempel verder gebou word, waarskynlik vóór hy met Ester getroud is. Hy was moontlik Xerxes I van die sekulêre geskiedenis, 486-465 vC. Hy is opgevolg deur Darius die Pers.

Darius, die Pers, ook Artasasta genoem, vgl Esra 6:15 en 7:1, gee bevel om die tempel verder te herbou in sy 2de jaar, die tempel is voltooi in sy 6de jaar. Hy was waarskynlik Darius Longimanus van die sekulêre geskiedenis, want hy was al 20 jaar aan bewind toe Nehemia hom (Artasasta) in Neh 2 gevra het om Jerusalem verder te gaan herbou. Hy gee toestemming en Daniël se 70 sewetalle begin dan. Volgens die sekulêre geskiedenis is dit 444 vC. In Neh 13 is Artasasta al 32 jaar aan bewind. Sekulêre geskiedenis gee sy bewind as 465 vC tot 424 vC. 465-20=445 wat goed klop met die 444 vC hierbo genoem. Dit beteken die tempel was voltooi in 459 vC.

… ’n aantal konings. Dan 11:2 laat die moontlikheid blyk dat nog konings tussen my nommer 5 en 7 was.

Darius III: 336 tot 330 vC.

Die Griek Aleksander die Grote regeer van 336 vC tot 323 vC. Hy verslaan die Meders en Perse finaal in 330 vC.

Die Kores-silinder, wat in 1879 ontdek is in die ruïnes van Babilon, se teks wys dat Kores meer offerandes toegelaat het, en menswaardig opgetree het. Dit klop met die toelatingsbevel om Jerusalem se tempel te herbou. Daar is nie ‘n verklaring dat hy Babilon aangeval het nie, maar dat hy dit eerder wou herstel. Dit klop met die Bybelse inligting dat Darius die Meder Babilon ingeval het as voorganger van Kores.

The post Die Meder-Persiese konings appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Op watter dag is Jesus gekruisig?
Die bekendste siening is dat Jesus op Vrydag gekruisig is – ook genoem Goeie Vrydag. Maar daar is ook goeie rede om te glo dat Jesus op Donderdag gekruisig is. Alle Skrifgedeeltes moet verreken word, onder andere ook dies wat die volgende uitwys:

Daar was ‘n pasga-ete vóór en ná die kruisiging

Jesus was 3 dae en 3 nagte in die graf – wat beteken dit?

Daar was speseryvoorbereiding/aankope net vóór en net ná ‘n sabbat.

‘n Relevante e-dokument en 4 video’s oor hierdie onderwerp is op hierdie webwerf te vinde. Kry dit gerus en neem deel aan hierdie gesprek. Ek gebruik graag hierdie gesprekke om my skrywes uit te brei en te verbeter.

The post Op watter dag is Jesus gekruisig? appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Jesus word aanbid want Hy is God
Jesus verklaar Self dat slegs God aanbid mag word, maar net daarna laat Hy toe dat Hyself aanbid word. Daar is heelwat Skrif wat hierdie aanbidding van Jesus aantoon.

Hierdie feit is goeie getuienis teen Jehova-getuies se dwaalleringe. Maar hulle verkies om te argumenteer vanuit hulle eie verdraaide bybels en geskrifte as basis. Daar is egter ‘n geval waar hulle nog nie hul bybel kon verdraai om die waarheid weg te vertaal dat Christus ook God is nie.

‘n Gratis e-dokument met die relevante Skrif is op hierdie webwerf te vinde. Kry dit gerus en neem deel aan hierdie gesprek. Ek gebruik graag hierdie gesprekke om my skrywes uit te brei en te verbeter.

The post Jesus word aanbid want Hy is God appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Die huidige Israel-Hamas-oorlog en Esegiël
Daar bestaan redelik algemene aanvaarding dat die volgende lande in die Bybel ooreenstem met die volgende moderne lande. Magog is Rusland en sy bondgenote, Persië is Iran, Kusiete en Putéërs verwys na die noorde van Afrika, Gomer verwys na omtrent die hele Europa, ook kuslande genoem, (en daarom ook na hul nageslag Engeland en Amerika), en Togarma verwys na Turkye. Skeba en Dedan verwys na Saoedi-Arabië. Tarsis verwys ook na Turkye, maar Tarsis se posisie in die uiteindelike Esegiël-aanslag is onseker.

Die huidige bedreiging van Israel deur Putin wat Iran en ander opsweep, lyk nog nie na die Esegiël-aanslag van Gog en Magog nie, want Amerika en Europa ondersteun grotendeels vir Israel. Dit mag vinnig verander as Israel Palestinië en Libanon bly aanval, en Iran tree ook toe, maar tot dan lyk dit of Gog nog in die toekoms lê.  Dit is egter merkwaardig dat daar reeds soveel optogte in Westerse lande is wat teen Israel gekant is. Turkye (Togarma) het hulle nou ook sterk uitgespreek vir Hamas en teen Israel. Dis merkwaardig dat Saoedi-Arabië (Skeba en Dedan) moontlik deel gaan word van die Abraham-ooreenkomste met Israel en uit die Skrif lyk of hulle redelik neutraal sal staan met die Esegiël-aanslag.

Maar dit lyk tog uit onderstaande Skrifgedeeltes of Israel ’n ruk lank veilig moet bly voordat hulle aangeval sal word deur omtrent die hele wêreld. Maar dit mag ook wees dat die relatiewe vrede wat Israel beleef het sedert die Sesdagoorlog van 1967 tot nou, die tydperk van vrede is waarna Esegiël verwys voor die Gog en die Magog en almal Israel begin aanval. In hierdie geval, is die finale Antichris en Jesus se wederkoms dan baie naby. Jesus sal dan kom, die wêreldse magte grotendeels verslaan, en as die Kneg Dawid op die troon van Israel sit vir ’n simboliese of letterlike 1000 jaar.

Ek dink ons moet maar ons gedagtes oophou vir beide moontlikhede – of nog ’n tyd of baie binnekort. Dis egter duidelik dat die wêreld besig is om te beweeg in die rigting van onderstaande profesieë.

‘n Gratis e-dokument met die relevante Skrif is op hierdie webwerf te vinde.

The post Die huidige Israel-Hamas-oorlog en Esegiël appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Vaksienes en Oorlog
Algemeen aanvaarde statistiek wys dat Covid-19-vaksienes eerder mense laat sterf as gered het (hoe hoër lande se vol-inentingspersentasies, hoe hoër was hulle sterftes per miljoen), en statistiek van dieselfde bron af wys dat omtrent 5 maal meer Russiese as Oekraïense soldate al in Putin se oorlog op sy buurland gesterf het. Die oormaat natuurlike sterftes het veral die Covid-19-sterftes se tendens van meer inentings het meer sterftes tot gevolg gehad, bevestig.

‘n E-dokument met grafieke en verduidelikings van bogenoemde stellings en syfers, is op hierdie webwerf te vinde.

The post Vaksienes en Oorlog appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Belangrike eindtydvrae
Mens se antwoorde op die volgende 6 vrae spel jou siening van die eindtye nogal goed uit.

Wanneer was, is of kom die 1000 jr-vrederyk?

Wanneer was, is of kom die 70ste sewetal van Daniël?

Wanneer kom die finale antichris relatief tot die wederkoms?

Wanneer sal ware gelowiges Jesus tegemoet vaar in die wolke?

Wanneer sal die finale oordeel wees relatief tot die 1000 jr-vrederyk?

Wanneer het of gaan Jesus se koninkryk kom?

My huidige antwoorde (ek het lank verskillende sienings voorgestaan, maar uiteindelik het ek by die volgende uitgekom):

Die 1000 jr-vrederyk kom direk ná Jesus se wederkoms en lê dus in die toekoms. Opb 19 en 20 (verse 2 en 3 in besonder) spel dit die duidelikste uit, maar feitlik elke Ou Testamentiese profetiese boek beskryf dinge wat nog nie gebeur het nie en waarskynlik net toekomstig in die vrederyk kan pas. Bv. Jes 2:3/Mig 4:1-3. Kyk ook Opb 2:25-27.

Die 7 jaar van die 70ste sewetal was rondom 70 nC toe Jerusalem verwoes is en die gelowiges die berge in moes vlug. Dan 9:26 en 27 is ter sprake. In Mat 24:34, Mrk 13:30 en Luk 21:32 verwys Jesus na die verdrukkings wat sal gebeur in die geslag van die mense met wie Hy besig is om te praat.

Die finale antichris kom enkele jare voor die wederkoms. 2Tes 2:7-10, Sag 12:9-10, Opb 19:19-20.

Ware gelowiges wat nog op aarde leef op daardie tydstip, sal Jesus tegemoet vaar in die wolke met Sy wederkoms. 1Tes 4:15-17.

Die finale oordeel sal direk ná die einde van die 1000 jr-vrederyk wees. Opb 20:10-12. Slegs ongelowiges word dan geoordeel en veroordeel want op daardie tydstip is alle gelowiges reeds by Jesus in Sy heerlikheid. 1Kor 15:51-55 wys dat alle gelowiges met Jesus se wederkoms (afgestorwe en steeds lewend op daardie tydstip) verheerlikte liggame sal kry en die dood geen effek meer op hulle sal hê nie. Kyk ook 2Tim 2:18 wat die liggaamlike opstanding bevestig en dit sterk veroordeel dat sommige mense beweer het dat die opstanding al plaasgevind het (al weet ons nie hoedanig hulle dit beskryf het nie).

Jesus se geestelike koninkryk het gekom met die uitstorting van die Heilige Gees net na Sy hemelvaart, maar Sy aardse koninkryk sal kom ná Sy wederkoms. Joh 18:36 verwys na Sy geestelike koninkryk. Let ook op Jesus se antwoord oor wanneer die koninkryk van Israel weer opgerig gaan word in Hand 1:6-8. Hy sê nie dat dit nooit gaan gebeur nie – dis betekenisvol. Met die aanvang van die nuwe hemel en nuwe aarde (ná die 1000 jr-vrederyk) gee Jesus Sy koninkryk terug aan God die Vader. 1Kor 15:22-28.

Gee gerus jou antwoorde op die 6 vrae – Skrifverwysings sal baie goed wees – in die kommentare hieronder.

Die Ou Testament en die 1000 jr-vrederyk, Daniël se profesieë en Jesus se uitsprake oor die toekoms, te krye op hierdie webwerf, gee Skrifgedeeltes wat sekerlik in mens se antwoorde in ag geneem moet word.

The post Belangrike eindtydvrae appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Vertolkings van Bybelse gegewens
Mens kry, selfs en dalk veral onder gelowiges, baie uiteenlopende vertolkings oor Bybelse gegewens. Hoekom sou die Here alles nie glashelder laat opteken het nie? Ek glo een van die redes is dat Hy ver meer as ‘n klinies korrekte verstaan van die Bybel verlang; Hy verlang ‘n voortdurende soeke na, en diepe verhouding met Hom, alleen moontlik deur Christus; anders is dit vrugtelose kennis.

Maar selfs onder diep gelowiges bestaan daar verskillende vertolkings. Wat is reg? Dit help om te besef dat opinie A en B elkeen sy Bybelverse en -gedeeltes het waarop dit steun, maar elkeen het dikwels ook verse en gedeeltes wat nie so maklik versoenbaar met ‘n opinie is nie en dus verduideliking verg. ‘n Behoorlike opinie behoort die ondersteuningsverse en die moeilike verse te bevat en te adresseer.

Dit sal verder net goed wees om te besef dat nie opinie A of opinie B waarskynlik 100% reg is nie, maar eintlik vertolking C, waarvoor ons nie die insig het nie, en/of die Here het dit nog nie eenduidig geopenbaar aan enige mens nie. Selfs Paulus skryf: “Ek ken ten dele.”

Ek probeer in my Bybelstudies, byvoorbeeld oor die eindtye (Die Ou Testament en die 1000 jr-vrederyk, Daniël se profesieë en Jesus se uitsprake oor die toekoms) my eie opinie nie te prominent te maak nie, maar ek wil juis hê dat elke deelnemer by goeie motivering vir sy uiteindelike eie opinie kan uitkom. Die gesindheid in Bybelstudies moet vir seker sodanig wees dat sekere (natuurlike nie kardinales nie) verskillende opinies geakkommodeer kan word; dan kan dit vir almal tot seën wees. Ek glo die Here kan in selfs ons onvolmaakte verstaan van die Bybel, met ons praat en in ons werk.

The post Vertolkings van Bybelse gegewens appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Die doop
As agtergrond verwys ek hier na die Bybelstudie/skrywe oor die Heilige Gees en die doop, wat gratis op hierdie webwerf afgelaai kan word – Die Heilige Gees en die doop. Dit sal goed wees om dit te lees voordat hier vrae gevra of kommentare gelewer word.

Efe 4:4-6: Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.

Wat beteken hierdie “een doop”? Hou in gedagte dat daar die doop van Johannes die Doper was (Hand 19:3), ook ‘n doop in die Naam van Jesus alleen (Hand 8:15-16), ‘n doop met die Heilige Gees (Hand 11:16), die doop in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, en dan ook nog die saak van vervulling met die Heilige Gees.

My siening is die volgende: Paulus se “een doop” verwys na die volledige doop soos ingestel deur Jesus net voor Sy hemelvaart, en dis die enigste doop wat sedert Jesus se hemelvaart ingestel behoort te word. Johannes die Doper se doop, en selfs die doop net in die Naam van Jesus, was nie die volledige doop nie. Vervulling met die Heilige Gees kan meermalig gebeur.

The post Die doop appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Die grootte en die vorm van die heelal
Britannica beskryf die standaardaanvaarde oerknalmodel soos volg:

Examine the observable universe’s place within the whole universe

1.1 Dit kom daarop neer dat dit vir elke waarnemer, maak nie saak waar hy in die heelal is nie, sal lyk of hy in die middel is van die sigbare heelal, maar in werklikheid is hy nie.

1.2 Die werklike heelal se grootte is onbekend en waar sy middelpunt is, is onbekend.

1.3 Daar is geen patroon van verspreiding in die heelal nie; die verspreiding van sterrestelsels is dus op groot skaal uniform.

1.4 Die ouderdom van die heelal word gegee as 13.8 miljard jaar, maar die radius van die sigbare heelal om ons word gegee as 23 miljard ligjaar, met ligspoed wat nog altyd konstant was.

1.5 Die verskil tussen 13.8 en 23 miljard (1 miljard = 1000 miljoen) ligjaar, word toegeskryf aan die heelal wat nog steeds groei, en dit wat ons nou sien as 13.8 miljard jaar weg, is in werklikheid nou al 23 miljard jaar weg.

1.6 Ons behoort ‘n oud-indien-naby- na jonk-indien-ver-verspreiding om ons in die heelal te sien, gegewe die ligspoed wat nog altyd konstant was. Daarom behoort die verste hemelobjekte baie jonger te lyk as die nabyes.

’n Skeppingsleermodel van die heelal, geskep omtrent 6000 jaar gelede, word bespreek in my video:

6000 jr volgens die Bybel, deel 4

2.1 Die heelal het ‘n middel en ons melkwegstelsel is omtrent in daardie middel.

2.2 Die middel is naastenby bepaalbaar want rooiskuifmetings wat met Hubble se Wet omgeskakel kan word na afstandsmetings, wys dat sterrestelsels om ons lê in sfere van digbevolkte en dunbevolkte gebiede.

2.3 Die toevallige kans dat ons in so ’n spesiale plek lê, is statistiesgesproke kleiner as 1 in ’n miljard – dit dui dus op doelbewuste plasing en skepping. Sou ons slegs halfpad na die naaste sterrestelsel aan ons, of meer, weg wees van die middel, sou ons die sferiese verspreiding nie gesien het nie.

2.4 Waarnemings met die Hubble-teleskoop wys dat die verste hemelobjekte volledig gevormde spiraalsterrestelsels is, en dus nie voldoen aan 1.6 hierbo nie.

2.5 Die Skepper soos geopenbaar in die Bybel, kon deur versnelde prosesse tydens die skeppingsweek omtrent 6000 jaar gelede, die sferiese patroon van verspreiding, ons spesiale plasing in die middel, en die skynbaar ewe-oud-struktuur van die heelal ongeag die afstand, tot stand gebring het.

The post Die grootte en die vorm van die heelal appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.