Die onmoontlikheid van a-millennialisme
R0.00
Gratis e-dokument (kry dit via die koopproses)
Skrywer: Hennie Mouton
Die e-dokument mag nie gratis of teen koste aangestuur word na ander nie, maar heenwysings na hierdie webwerf is baie welkom.
Dokument: Die onmoontlikheid van a-millennialisme
Skrifgedeeltes word gegee wat wys op die onmoontlikheid om te dink dat die 1000 jr-vrederyk bestaan sedert Jesus se opstanding of hemelvaart, soos a-millennialiste glo. Maar let daarop dat hierdie nie ‘n saak van redding is nie – gelowiges kan daaroor verskil, maar natuurlik verwag Jesus van ons om ons sieninge te kan verdedig en alle gegewens in die Bybel is van belang (1Pet 3:15, 2Tim 3:16).
Opb 20:2-3 verklaar dat die Satan sodanig gebind en verseël sal wees vir 1000 jr (‘n lang tydperk, nie noodwendig letterlik ‘n 1000 jr nie), dat hy die nasies nie kan verlei nie.
Opb 12:9 verklaar dat die draak, die ou slang, die duiwel en Satan dieselfde wese is, en die wêreld verlei.
Talle Skrifgedeeltes spel uit hoe die Satan sy verleiding doen – dit word gegee in die skrywe. Let veral watter tydperke ter sprake is – hy doen sy verleiding direk ná Jesus se hemelvaart en tot voor die kort tydjie wanneer Satan weer losgelaat sal word volgens Opb 20:3. Natuurlik sal die Satan weer verlei tydens die kort tydjie volgens Opb 20:7-8. Die 1000-jr-vrederyk kan dus nie direk na Jesus se hemelvaart geplaas word nie – die mate waartoe Satan gebind en verseël moet wees tydens die 1000 jr, spel dit uit.
Van Jesus se laaste woorde spel ook uit dat Israel se aardse koninkryk êrens in die nie-nabye toekoms herstel sal word.
*Hou in gedagte dat die resensie gaan eers wys sodra dit goedgekeur is deur administrasie.





Reviews