Waarheid in Liefde Produksies

Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (08)
20 Julie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (08)

Verlede week het ‘n diep hartsondersoek van jou gevra. Maar ek weet uit ondervinding dat elkeen wat bereid was om in gehoorsaamheid dit saam met ons Here Jesus deur te werk, verbaas staan oor die vrede en vreugde en vryheid wat dit gebring het.

Dit is eers wanneer jy iemand anders van harte vrygespreek het, dat jy besef dat dit eintlik jy self was wat in kettings en boeie was. Nooit die ander persoon nie.

Ek wil met hierdie laaste skrywe graag net ‘n paar getuienisse deel om julle te bemoedig vir situasies waar vergewe nog ‘n uitdaging is.

Die eerste is die getuienis van Ds Pieter Badenhorst wie se ma wreedaardig vermoor is. Sy getuienis is aangrypend. Ek gee sommer hier ‘n skakel na een van die videos: Pieter Badenhorst : Vergifnis.

Vra die Here dalk hierdie tipe gehoorsaamheid van jou?

Die tweede getuienis kom uit ‘n ondervinding by Lewensverrykingseminare (Lewensverryking seminare) waar ek so baie oor vergifnis geleer het.  In die groepie wat ek moes fasiliteer was daar ‘n jongman wat iemand verantwoordelik gehou het vir die dood van sy broer. Die persoon het om vergifnis gevra maar die jongman het geweier om te vergewe. Selfs al was die persoon nie direk aandadig aan sy  broer se dood nie. Na die vergifnispraatjie waar ds Pieter ook sy getuienis gelewer het, het die jongman die vriend van sy broer vergewe. Hy bel toe dadelik om dit vir hom te sê. Die vriend het in trane uitgebars en gesê dat die kwytskelding en vergifnis sy lewe aan hom terug gegee het.

Is daar dalk nog iemand wat smag na jou vergifnis en vryspraak?

Die derde is ietsie uit my eie lewe. Weens ‘n misverstand tussen my en ‘n goeie vriend in een van ons vorige gemeentes, het ek met ‘n groot stuk seer deur ‘n erediens geworstel waarin ek ‘n kersfeesopvoering met die Sondagskoolkinders moes doen. Ek het toe reeds die beginsels van vergifnis geken en ek kies toe om hom dadelik te vergewe vir wat hy kort voor die diens gesê het. Ek kon voel hoe die Here die seer wegneem, maar toe dink ek weer hoe hy my verneder het. Dadelik was die seer terug. So het ek heen en weer geworstel totdat ek besluit het om per e-pos om verskoning te vra vir my aandeel en hom te vergewe vir syne. Ek het rustig en tevrede gevoel… totdat ek 3 dae later ‘n sms ontvang: “verskoning aanvaar”. Ek was dadelik woedend want… daar was geen jammer of skulderkenning nie.

Het jy ook iemand om te vergewe van wie jy weet daar geen teenprestasie van skulderkenning gaan wees nie?

Die vierde is ‘n waarneming. In my eie lewe het ek al ervaar dat ek nie dadelik wil vergewe nie. Ek wil hê die persoon moet besef wat hy gedoen het. Of ek wil erkenning hê vir die seer wat ek ervaar. Die Engelse praat van “validation.” Ek sien dit ook by mense wat worstel met seer in verhoudings.

Dit is seker nie verkeerd om te wil hoor dat die seer wat jy ervaar geregverdig is nie. Maar daar is ‘n groot gevaar daarin om te lank daarop te wil parkeer. Pas op dat die erkenning van jou seer deur ander nie verskonings word om nie te vergewe nie. Pas op dat jy nie dink dat die erkenning van jou seer deur ander mense jou seer moet wegvat nie.

Moet jy dalk jou behoefte aan “valadation” verruil vir gehoorsaamheid om waarlik  vry te spreek?

Laastens wil ek jou aanmoedig om Bruce Wilkenson se 70×7 te doen as jy nog nie het nie. Hier is die skakel: 70 x 7: Finding Peace by Forgiving Others… and Yourself – Ten Courses.  Ons Bybelstudiegroep het dit nou begin doen en ek sien baie uit na wat ons gaan leer.

Ek hoop dat hierdie reeks vir jou ietsie oopgemaak het van die vryheid wat daar in vergifnis is. Deel asseblief jou getuienis in die kommentaarblokkie sodat ander daardeur versterk en aangemoedig kan word.

Mag die Here jou  lei in die vryheid van vergifnis sodat jy waarlik van heerlikheid tot heerlikheid verander kan word deur met ‘n opregte hart elkeen wat teen jou oortree te vergewe.

Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Seën vir jou

Ellison

The post Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (08) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (7)
13 Julie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (07)

Verlede keer het ons gepraat oor seer wat net eenvoudig te diep lê. Dalk het jy iemand al keer op keer vergewe en geseën maar as jy weer aan daardie persoon dink is die seer maar weer terug.

Om iemand te vergewe is eintlik net die begin. Dit is belangrik om te besef waarvoor jy hom vergewe. Ons praat dus vandag oor ‘n paar praktiese maniere wat sal help om die omvang en impak van die seer te ontrafel sodat jy vry kan wees van die seer:

Die eerste stap is om die detail van die verlies bewustelik te bedink

Die tweede stap is om daaroor te rou.

Die derde stap is om die oortreder te vergewe vir die detail van die impak wat dit op jou lewe gehad het.

Stap 1: Terwyl jy een vir een deur jou lysie werk, maak aantekeninge oor die volgende aspekte

Het die persoon my intensioneel seergemaak of was dit per ongeluk?

Het ek enige aandeel gehad aan wat gebeur het waarvoor ek vergifnis moet vra?

Het ek enige beheer gehad oor wat gebeur het?

Wat was die emosionele impak op my lewe toe en nou?

Was daar fisieke gevolge wat my toekoms negatief beïnvloed het?

Watter verliese het ek gely op emosionele, geestelike, materiële en fisieke vlak?

Watter verliese het ek gely i.t.v. verhoudings en vertroue in mense?

Watter voorregte sal ek a.g.v. wat gebeur het nooit kan geniet nie?

Enige ander negatiewe gevolg?

Stap 2: Neem tyd om oor jou verliese te rou. Moenie terugdeins vir die seer wat dit mag veroorsaak om hieroor te dink nie. In sommige situasies sou daar dalk herstel kon kom, maar dit mag wees dat sommige oortredings jou lewe onherroeplike verander het. Neem dus tyd om dit deur te werk en die verlies daarvan te besef.

Laat die Here toe om jou te bedien met die waarheid van die verskillende situasies. Kinders voel bv. dikwels dat dit hulle skuld is dat hulle verkrag of gemolesteer is of dat hulle ouers geskei het. Of dalk het jy as kind met ‘n verkeerde persepsie gesit oor hoe jou ma of pa oor jou voel.

Vra dat die Here jou sal wys hoe hierdie gebeure meegewerk om die karakter van Jesus in jou uit te werk (Rom 8:28-29). Onthou die belofte wat Hy aan Sy kinders gee:

Rom 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is

Stap 3: Vra die Here om jou te help om die oortreder se kant van die saak beter te verstaan. Vra vir compassion soos wat Jesus vir jou het. Vergewe nou die persoon by name. Vergewe hom pertinent vir die dinge wat jy  in die vorige stappe besef het. Vra die Here om die oortreder te seën op watter manier Hy dit goed vind.

Ef 4:32  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Net soos wat Jesus ons innig jammer gekry het oor alles waaraan ons skuldig is, en ons vergewe het, wil Hy hê dat ons moet vergewe. Maar dit is ‘n keuse:

As ons kies om gehoorsaam te wees en te vergewe, seën Hy ons met vrede en genees ons emosionele seer.

As ons kies om ongehoorsaam te wees, bly die pyniging en seer deel van ons lewe. Ons kan dan ook nie verwag dat die Here ons moet vergewe nie:

Matt 6:14:  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Jesus vergewe nie gedeeltelik nie. Hy vergewe ons VOLKOME vir ALLES. As Hy dan vra dat ons ander moet vergewe soos Hy ons vergewe, vra Hy dat ons ook bereid moet wees om ALLES te vergewe wat mense ons aangedoen het. Hy weet dat die VOLKOME vir ons ‘n moeilike proses is. Maar Hy staan gereed om elkeen wat gewillig is daarmee te help. So kom ons doen dit saam met Hom.

Sodra jy klaar met die Here oor elke naam gepraat en hulle vergewe het, kan jy daardie papier in die fynste stukkies opskeur of verbrand.

Wat ‘n verligting is dit nie. Wat ‘n vreugde. Wat ‘n vryheid om te kan vergewe.

Kontak my gerus as jy graag met iemand persoonlik wil gesels. Deel asseblief ook jou ervaring en deurbrake as jy voel dit kan ander help op hulle pad.

Volgende keer sluit ons hierdie reeks af.

Seën vir jou

Ellison

The post Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (7) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (06)
6 Julie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (06)

Hoe gaan dit met die deurwerk van die vergifnislysie? Ek is seker dat julle, soos wat julle vergifnis vra en gee, ervaar dat die Here Jesus besig is om julle nie net van heerlikheid tot heerlikheid te verander nie, maar dat Hy julle ook vul met Sy vrede en vreugde.  (Indien jy nog nie die vorige plasings gelees het nie, gaan dalk net gou na Waarheid in Liefde se Geselskamer om op te vang met die voriges.)

Vandag en volgende week moet ons praat oor ‘n deel van vergifnis wat almal dalk nie wil hoor nie. Dit is egter van kardinale belang dat ons daarna kyk. Veral as jy kan identifiseer met die man op hierdie foto.

Het jy dalk name op jou lys wat in een van die volgende twee groepe val?

* Mense wat jy graag sou wou vergewe maar jy sukkel.

* Mense wat jy eenvoudig nie kans sien om te vergewe nie.

Soms is dit vir ons moeilik om by vergifnis uit te kom omdat ons wil hê mense moet erkenning gee aan ons seer. Die Engels praat van “validation.”  Wanneer ons egter daarop bly aandring dat ons seer erken word voor ons kan vergewe, kan dit daartoe lei dat ons dit tot so ‘n mate “regverdig” dat ons vir onsself redes ophoop om nie te vergewe nie.

Ons kan nie bekostig om redes te bly soek om aan ons wrokke en seer vas te klou nie. Dit gaan geen verligting bring nie. Inteendeel…

Jesus se gelykenis in Matt 18:23-35 verduidelik die implikasies van onvergewensgesindheid:

Jesus vertel van ‘n dienskneg wat skuldig gestaan het voor die koning. Die koning het meegevoel met sy dienskneg gehad wat onmoontlik baie geld geskuld het. Hy laat hom vry en skeld hom al sy skuld kwyt. Die dienskneg gryp egter ‘n mede dienskneg, gooi hom in die tronk en eis dat hy daar bly tot hy hom terubetaal het. Toe die koning dit hoor, gee hy die slegte dieskneg oor aan die folteraars totdat hy al sy skuld betaal het. Jesus waarsku dat God elkeen wat nie vergewe nie ook aan die folteraars sal oorgee totdat hulle besef dat hulle die oortreder van harte moet vryspreek.

Ek lig net ‘n paar verse uit:

Mat 18:27  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.

Dit is hoe Jesus ons hanteer as ons in berou met ons sonde na Hom kom.

Mat 18:34  En sy heer het hom in toorn oorgegee  aan die pynigers (tormentors) totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge  vergewe nie.

Dit is hoe die Vader elkeen sal hanteer wat weier om sy oortreder van harte te vergewe. Hierdie foltering kan op verskillende maniere uitspeel:

* Dit kan iemand letterlik siek maak.

* Dit het defnitiewe emosionele implikasies wat jou laat oorreageer op selfs onverwante situasies.

*Dit werk negatief in op ander verhoudings.

Beleef jy dalk foltering en aanhoudende seer in enige van hierdie areas? Kan die rede wees dat jy nie jou oortreders vergewe kry nie?

Hierdie is ‘n belangrike vraag om te antwoord.

Nie alle swaarkry is a.g.v. onvergewensgesindheid nie. Dink maar aan wat Paulus ter wille van die Evangelie moes hanteer. Daarom is dit belangrik om die Here te vra om ons harte hieroor te ondersoek. As jy weet van iemand wat jy behoort te vergewe en jy sien eenvoudig nie kans nie, is die kans goed dat die swaarkry wat jy ervaar hiermee verband kan hou.

Die keuse lê in jou hande. Jy het nie noodwendig beheer gehad oor wat die oortreder jou aangedoen het nie, maar jy het beheer oor die vergifnis. Die Here Jesus weet hoe moeilik dit vir jou is. Hy sal jou hierin lei.

Kom ons kies die pad van lewe, nie van pyniging en marteling nie.

Volgende keer praat ons verder oor hoe.

Groete en seën

Ellison

The post Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (06) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (05)
29 Junie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (05)

Ek onthou nog die eerste keer toe ek die vreugde van vergewe en seën ervaar het. Dit was die eerste keer dat ek en Hennie ‘n Lewensverrykingseminaar bygewoon het. Ds Sors Geldenhuys het ons geleer dat ware vergifnis beteken dat jy nie net die persoon vergewe nie, maar dat jy die Here vra om hom te seën. Ons is nog bereid om die woorde van vergifnis uit te spreek. Maar om die ootreder te seën????

Hoe maklik was dit vir jou om verlede week die mense op jou lysie te vergewe en vry te spreek? Hoe maklik was dit vir jou om die Here te vra om hulle te seën?

Wanneer dit gaan oor jou mense vir wie jy in elke geval lief is, is dit sekerlik nie ‘n probleem nie. Maar hoe kry mens dit reg om te bid vir die persoon wat jou laaste pensioengeld verduister het of jou kind se dood veroorsaak het? Hoe lyk die seën waarvoor ons moet bid?

Die Skrifgedeelte wat ds Sors Geldenhuys in die verband gebruik het was 1 Pet 3:9…

Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

Vir ‘n begin vra dit van ons om verrassend anders op te tree. Voordat ons Jesus as Verlosser leer ken het, sou ons natuurlike reaksie gewees het om die oortreder in eie munt terug te betaal. Of ten minste ‘n manier te vind om hom te laat boet. Maar nou vra Jesus dat ons moet seën. Hoekom? Want ons is daartoe geroep omdat Hy ons volkome vergewe het.

Ek weet nie van jou nie, maar ek het vir lank nie die seën-deel van die 1 Pet 3:9 toegepas nie. Ek het nie raakgelees dat Jesus my ROEP om te seën as ek benadeel is nie. Dit is ‘n opdrag, nie ‘n versoek nie. Ek kan nie die seëndeel verwag as ek nie gehoorsaam wil wees aan Sy opdrag om te seën nie.

Ds Sors het my gehelp om dit te snap. Ek wens ek kan aan jou die vrede en vreugde beskryf wat ek daardie dag by Lewensverryking ervaar het, toe ek iemand uit my verlede by name kon vryspreek. Ek kon vra dat die Here hom sal seën. En ek kon voel hoe neem die Here die seer weg wat so diep weggesteek was. Maar die beste… ek het die innige nabyheid van Jesus ervaar. Hy het my met Sy vrede geseën!

Maar hoe lyk die seën waarvoor ons moet bid?

Ons eerste gedagte is dat seën materiële voorspoed en goeie gesondheid beteken. Dit mag dit insluit, maar die grootste seën waarvoor ons kan bid is dat daardie persoon sy hart voor Jesus as Verlosser sal buig.

Wanneer die persoon ongered is, bid vir sy redding. Wanneer dit ‘n mede-christen is, bid rondom heiligmaking.

Ek bid graag baie spesifiek. Iets soos bv: “Here, ek vergewe vir S vir … Ek het baie … gevoel. Ek spreek haar vry en seën haar. Sal U asseblief haar hart aanraak en haar siel red en haar seën met selfbeheersing en ‘n fyn aanvoeling.”

Of dalk: “Here, ek vergewe my broer/suster vir…. Lei hulle deur U Gees en seën hulle met insig sodat hulle U stem sal hoor en geestelik sal groei in die area van…”

Dit gebeur dikwels dat die mense wat jou die seerste maak jou eie familie is, of mense in die kerk, medegelowiges van wie jy dit nooit sou verwag nie. Wanneer ons dan medegelowiges seën, kan ons spesifiek bid rondom aspekte van geestelike groei. Wanneer kinders van die Here vir mekaar bid rondom verander te word van heerlikheid tot heerlikheid, sal ons mekaar makliker kan vergewe en seën.

Neem nou weer jou lysie van verlede week. Bid een vir een daardeur soos ons nou net bespreek het.

Wat voel jy nou in jou hart? As die seer plek gemaak het vir vrede, krap daardie naam behoorlik uit. Selfs al onthou jy die omstandighede. Die toets is dat die seer weg is.

Hou moed as daar nog seer in jou hart is oor party name. Selfs al het jy hulle vergewe. Ons praat binnekort oor hoe ons dit kan hanteer.

Mooi loop, tot volgende keer

Ellison

The post Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (05) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (04)
22 Junie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (04)

Wat sou julle sê sou die teenoorgestelde wees van Jesus se versekering dat ons van heerlikheid tot heerlikheid verander word soos wat ons lees in 2 Kor 3:18?

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

As ons wil praat oor die praktyk van vergifnis, speel die antwoord op die vraag hierbo ‘n belangrike rol:

Is ek in nederigheid bereid dat Hy my hart se diepste bedoelinge sien ,of staan ek met ‘n masker en bravade van eie geregtigheid voor Hom?

Reageer ek in gehoorsaamheid op die opdragte wat Hy gee of vind ek verskonings om dit te systap?

Is dit vir my belangrik om verander te word na die beeld van Jesus of is my eie beeld en aansien en regte vir my die belangrikste?

Sou jy saamstem dat elkeen wie sy hart sou verhard, nie na die beeld van Jesus van heerlikheid tot heerlikheid verander kan word nie? In plaas van vreugde en vrede en lewe,bly so ‘n persoon vasgevang in skuld en skaamte en dood.

In Joh 10:10  bied Jesus vir ons LEWE en OORVLOED aan terwyl die dief wil slag en steel en verwoes.

Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed  kan hê.

Om die praktyk van vergifnis te verstaan moet ons besef dat dit oor baie meer gaan as die onreg wat ons aangedoen is. Hier is ‘n geestelike stryd om lewe en dood aan die gang. In Johannes 10 praat Jesus oor die redding wat net in Hom is. Hy is die een wat die skape oppas en bewaar. Maar die Satan wil hulle vernietig.

Een van die maniere waarop Satan slag en vernietig, is om die mens te oortuig dat hy die reg het om die een wat teen hom oortree het verantwoordelik te hou totdat hy betaal het vir die onreg en seer. Op die manier bly die mens se fokus op die oortreder en nie op Jesus nie. Soos ‘n harpoen wat in ‘n marlyn ingeskiet is, is daar ‘n tou wat hom aan sy oortreder verbind. Totdat hy dit sny deur te vergewe.

Aan die ander kant bring vryspreek en vergewe lewe. Wanneer ons die oordeel en wraak in die Here se hande oorlaat, hoef ons nie meer heeldag op die oortreder te fokus nie. Dit is dan dat ons eers besef dat ons in werklikheid die hele tyd eintlik die slaaf van die oortreder was, en nooit anders om nie.

Kom ons kyk dan nou na die basiese proses van vergifnis.

Besluit om aan die opdragte van Jesus gehoorsaam te wees.

Raak stil voor Hom sodat Hy jou hart aan jou kan openbaar.

Skryf die name neer van die wat teen jou oortree het of jou seergemaak het.

Spreek hulle vry van die onreg wat hulle jou aangedoen het.

Gee jou “reg” op om te vergeld of ingedoen te voel.

Bid vir hulle die seën van die Here

Die eerste drie punte behels ‘n onderworpenheid aan die Here wat gebore word uit ‘n hart wat na Sy beeld verander wil word. Ek lys net ‘n paar Skrifgedeeltes waarmee jy voor dieHere kan stil word:

Ef 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Matt 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.

Rom 12:14 …seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie…

Wanneer ons besluit dat ons gehoorsaam wil wees aan dit wat die Here rondom vergifnis vir ons vra, sal Hy ook jou hart sag maak om nog vele ander Skrifgedeeltes in die verband raak te loop. Laat toe dat die Here jou hart bedien en vra Hom om aan jou te openbaar wie daar is wat jy moet vergewe. Jy sal verbaas wees oor die mense waaraan Hy jou herinner.  Maak ‘n lysie van:

Elke familielid of vriend wat jou op een of ander manier gewond het

Elke broer of suster of leraar of ander geestelike wat jou ontnugter of teleurgestel het

Elke persoon wat jou familie te na gekom of benadeel of besteel of leed aangedoen het

Elke professionele persoon wat ‘n oordeelsfout begaan het wat jou skade berokken het

Elke kollega of onderwyser of mede-leerder wat jou beledig of verneder het

Elke naamlose inbreker of dief of onverskillige bestuurder

Elke persoon wie se naam in jou hart een of ander seer of slegte emosie oproep.

Bid nou oor elkeen van hierdie name en vergewe hulle deur hulle vry te spreek van wat hulle aan jou gedoen het. Bid die Here se seën oor hulle.

Met baie van die name op jou lysie sal jy ervaar dat die Here dadelik genesing bring. Maar jy mag ervaar dat sommiges se seer nog ‘n vastrapplek het. Kan ons maar volgende keer oor daardie gevalle gesels?

Intussen is jy welkom om direk met my te skakel as jy vrae het, of om jou kommentaar of getuienis in die kommentaarblokkie te deel.

Mag die Here jou seën in jou vryspreek van ander.

Groete

Ellison

0835540143

The post Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (04) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (03)
15 Junie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (03)

In ons vorige gesprek het ons gepraat oor die opdrag van die Here om selfs ons vyande te vergewe en te seën. Ons het ook erken dat dit vir ons bitter moeilik is om die wraak en oordeel aan die Here oor te laat.

Hoekom sou dit wees? Waarom wil ons eerder self die vonnis fel en die galgtou knoop? Kan dit wees dat ons inderwaarheid in beheer van die situasie wil wees? Kom dit nie dalk daarop neer dat ons nie die Here se oordeel in die saak nie vertrou nie?

Wanneer Jesus ons vra om mekaar van harte te vergewe, het Hy eerstens ons eie belang op die hart. Kom ons kyk hoe verduidelik Kol 3:12-16 dit

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Is hierdie nie ‘n lieflike beeld van hoe die Here ons wil verander van heerlikheid tot heerlikheid nie? En die bereidheid om te vergewe staan sentraal hierin. Ons sal nie kan vergewe as ons nie aan God behoort as Sy heilige, uitverkore kinders nie. Ons sal nie kan vergewe as ons nie vanuit Sy goedertierenheid en nederigheid en sagmoedigheid leef nie. Ons sal nie kan vergewe as ons nie Sy vergifnis vir ons eie oortredinge ervaar het nie. Vergifnis bring ons in ‘n plek van vrede en liefde met mekaar. Dit bind ons as een liggaam saam waarin ons mekaar in liefde kan vermaan en bemoedig vanuit die Woord. Dit bring ons by lof aan die Here.

Ons sal nie van heerlikheid tot heerlikheid verander kan word as ons nie wil vergewe nie.

As ons kies om vas te hou aan wroegings en wrokke sal ons nie beklee kan wees met Christus nie. Ons sal nie Sy heerlikheid kan vertoon soos ons nou net in  Kolossense geleeshet nie. Iemand wat kies om vas te hou aan die seer, kan nie die vrug van Gees kan vertoon nie. ‘n Lewe wat in die teken van vergifnis staan, sal egter getuig van die verlossing wat Jesus vir ons bewerk het. Vergifnis is dus ‘n keuse wat ons getuienis as verloste kinders van die Here raak. Elkeen wat in gehoorsaamheid vergewe, eer die Vader.

Maar hoe lyk vergewe in die praktyk?

Vergewe beteken nie dat ek verkeerde dade goedpraat nie.

Vergewe beteken nie dat dit wat my aangedoen is onbelangrik is of nie saak maak nie.

Vergewe beteken nie dat die oortreder nie die gevolge van sy dade sal dra nie.

Vergewe is nie iets wat ek gee omdat die oortreder dit verdien nie.

Wat vergewe wel behels is

Dat ek vergewe omdat ek God wil gehoorsaam.

Dat ek my reg opgee om verontreg of seergemaak of verneder te voel.

Dat ek God vertrou om met die oortreder te werk.

Dat ek die oortreder sal vryspreek vir die emosionele, geestelike en fisieke seer wat hy my aangedoen het.

Dat ek hom sal seën en nie sy oortreding teen hom sal hou nie.

Elkeen van ons het egter al ervaar dat ons kan saamstem met hierdie woorde solank dit op ‘n papier bly staan.  Maar sodra ons dit in die praktyk van lewe moet inwerk, raak dit ‘n perd van ‘n ander kleur.

Ons sal in ons volgende plasing praat oor die praktyk en proses van vergifnis. Jy is intussen welkom om jou eie ervaring en getuienisse in die kommentaarblokkie te deel. So versterk en bemoedig ons mekaar.

Mooi loop, tot volgende keer

Ellison

The post Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (03) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Van heerlikheid tot heerlikheid deur Vergifnis (02)
9 Junie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (02)

Stem jy saam dat ons nie van heerlikheid tot heerlikheid verander kan word en terselfdertyd kan vasklou aan wrokke en wroegings uit die verlede nie?

Dink gou weer terug aan die dag toe jy na Jesus uitgeroep het om jou siel te red. Onthou jy nog dat jy besef het jou sonde staan in die pad van ‘n verhouding met God? Onthou jy nog die vreugde en vrede toe jy dit voor Jesus bely het? Jou hart het sommer lig geword en jou gemoed vol vreugde en dankbaarheid toe jy Sy vergifnis ontvang het.

Jy het verander van ‘n vyand van God na ‘n kind van die Vader.

Jy het daar die heerlikheid van God ervaar omdat Hy jou sondes vergewe het. Toe kon jy in verhouding met Hom inbeweeg. Dit wat daar gebeur het, was maar die begin van die res van jou lewe. Tot en met jou laaste dag op aarde sal God deur die Woord en die Gees jou bewus maak van patrone wat gebreek moet word of verhoudings wat herstel moet word. Stukkie vir stukkie is Hy besig om dit wat jou weerhou om Sy heerlikheid te vertoon uit jou lewe te verwyder.

Om ander te vergewe is ‘n groot sleutel in die gesondmaak en genesing van jou hart en verhoudings.

Tog het ons al menige kere probeer om sekere verse te systap omdat dit nie pas by wat vir ons gemaklik is nie. Ek dink nou aan verse soos Matt 5:44 (lees maar van vers 43-48)

Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.

Al staan die woord vergewe nie direk hier nie, is die beginsels wat Jesus hier noem, juis waaroor vergifnis gaan. Voel dit vir jou ook totaal onhaalbaar om iemand wat jou kind vermoor of gemolesteer het só lief te hê? Of te bid vir iemand wat jou finansieel so ingedoen het dat jou pensioen daarmee heen is? Hoe kan die Here boon-op verwag dat ons goed moet doen aan die wat ons haat? En hoe kan ons ooit die Here vra om hulle te seën van alle dinge?

Dit maak eenvoudig nie sin nie. Nie in ons verstaan van reg en geregtigheid nie. Ons is bang dat hierdie soort liefde en vergifnis eerder sondige optredes sal versterk. Ons wil eerder seker maak daar is straf en vergelding sodat die oortreder kan boet vir die verlies wat hy ons aangedoen het. Ons wil hê hulle moet die impak van hulle dade op ons lewens aan hulle eie lywe voel.

Ervaar jy dit so? Dawid het ook.

In Psalm 28:4 skryf hy…

Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van

hul hande; vergeld hulle na hulle dade.

Dawid is egter besig om met die Here oor sy vyande en vervolgers te praat. Hy neem nie reg in eie hande nie. Hy neem dit na die Regverdige God, die Here van die Leërskare. Dit laat my nogal dink aan wat Paulus in Romeine 12:19 skryf. (Lees gerus van vers 10 -21 waar hy prakties praat oor ons optrede teenoor vriend en vyand.)

Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

Ek weet nie van jou nie, maar ek was al dikwels in situasies waar ek nie so maklik wou laat los nie. Dit is nie dat ek nie bereid was om te vergewe nie, dit is net dat ek darem ten minste wil hê dat die ander persoon sal besef hoe verkeerd hy teenoor my opgetree het. Inderwaarheid kom dit daarop neer dat ek in beheer wou wees van hoe die onreg wat ek ervaar het, reggestel gaan word. Maar die Here vra dat ons dit aan Sy oordeel sal oorlaat.

Waarom sou Hy dit van ons vra? En hoe kan ons dit regkry om dit aan Hom oor te laat? Ons sal volgende keer verder hieroor praat. Ek hoor intussen graag wat jy daaroor dink.

Groete en seën vir jou

Ellison

0835540143

The post Van heerlikheid tot heerlikheid deur Vergifnis (02) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (01)
1 Junie 2025

Van heerlikheid tot heerlikheid deur vergifnis (01)

Wat was die ergste ding wat jy al ooit gedoen het? Onthou jy nog die beklemming, die skaamte, die vrees? Hoe het dit toe uitgeloop? Is jy vergewe en vrygespreek? Of is jy gestraf en vervolg?

Ek onthou nog goed hoe my pa my eenkant toe geneem het om alleen met my te praat. Ek het iets verkeerd gedoen en my ma het gewag dat hy by die huis kom sodat hy dit kon hanteer. Ek was toe seker so 6 jaar oud. My pa het nie geraas nie. Hy het nie geslaan nie. Hy het net mooi met my gepraat. Ek het deeglik besef dat ek verkeerd was. Maar ek het ook ervaar dat hy vergewe het. Ek het sy liefde ervaar. Daarmee saam het die begeerte in my hart gegroei om hom nie weer teleur te stel nie.

Dit is wat ek ook ervaar van my hemelse Vader. Hy het my vergewe, vrygespreek, losgekoop. Ek wil Hom ook nie teleurstel nie. Maar tog doen ek dit dag na dag.

Soos wanneer ek in die posisie is waar ek die een is wat moet vergewe en nie wil nie. Of wanneer ek dink dat ek niks het waarvoor ek vergifnis moet vra nie.

Riekert Botha het by een van sy praatjies iets gesê wat my baie laat dink het. Ek gaan dit nou uit sy mond uit sê: Ek weet twee goed van elkeen van julle. Die een is dat elkeen wat hier lees al seergekry het aan die hand van iemand anders. En die tweede is dat elkeen van julle al in een of ander stadium iemand anders seergemaak het.

Verbaas dit jou? Nie regtig nie, nè?

Dit is maklik om sonder veel inspanning gebeure in herinnering roep oor jou familie of vriende of kollegas of onderwysers. Gebeure wat verneder het of verkleineer het. Gebeure wat jou vertroue geskend het of jou selfbeeld geskaad het.

Maar as dit gaan oor ons eie oortredings teenoor ander, kom ons tot ons skande agter dat ons langer moet dink om insidente te herroep.

Kom ons praat dan maar eers oor die seer wat ander ons aangedoen het.

Vir ‘n begin moet ons besef dat vergewe meer beteken as om die negatiewe emosie onder die mat in te skop. As ons nie daadwerklik die seer aanspreek deur te vergewe nie, gaan ons op die mees onverwagte tye oor daardie einste bult van onvergewensgesindheid val.

Net so moet ons moeite doen om uit te vind of ons dalk seer veroorsaak het. Al sou ons dit eerder wou ontken of selfs regverdig, moet ons bereid wees om ons foute teenoor ander te erken sodat ons hulle vergifnis kan ontvang.

As die begeerte van ons harte is om van heerlikheid tot heerlikheid verander te word soos ons in ons reeks oor die heerlikheid van God gepraat het, is vergifnis een van die kardinale aspekte. Onvergewensgesindheid is een van die groot struikelblokke in die lewe van ‘n kind van God. Dit is een van die dinge waar die vyand ons baie graag sal wil help om redes te vind om NIE te vergewe nie. Hy sal jou ook graag help om die seer wat jy veroorsaak het te regverdig. So ontneem hy ons van groei van heerlikheid tot heerlikheid.

In Matt 6:12, 14 en 15 lees ons wat Jesus oor vergifnis sê:

…en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook

vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle

oortredinge ook nie vergewe nie.

Ek nooi jou dan om saam met my die gee en ontvang van vergifnis te ondersoek sodat ons van heerlikheid tot heerlikheid verander kan word. Want dit is net Jesus, die Een wat ons volkome vergewe, wat ons in staat kan stel om ook volkome te kan vergewe.

1 Joh 1:9

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Hierdie vers gee vir ons soveel sekuriteit. Uit liefde staan ons Here Jesus gereed om elke detail van ons sonde uit liefde te vergewe. Moet ons nie dan bereid wees om dit ook aan ander te gee nie?

Neem gerus die vrymoedigheid om jou grootste uitdagings, vrae en onsekerhede rondom vergifnis te deel. Kom ons soek saam die aangesig van die Here sodat ons van heerlikheid tot heerlikheid verander kan word deur vergifnis te ontvang en te gee.

Groete en seën vir jou

Ellison

0835540143

The post Van Heerlikheid tot Heerlikheid deur Vergifnis (01) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Die Heerlikheid van God (06)
18 Mei 2025

Die heerlikheid van God (06)

Om te dink dat ons Here Jesus ons wil verander van heerlikheid tot heerlikheid! Kan dit regtig waar wees dat God ons wil gebruik om Sy heerlikheid aan die wêreld te wys?

Ons het verlede keer vir mekaar gesê dat God eerstens Sy heerlikheid vertoon deur verlore, dooie mense lewend te maak deur wedergeboorte. Hy toon Sy heerlikheid deur self vir ons sondes te betaal sodat ons geheel en al vry kan wees van die smet en die blaam en die vloek van sonde. Dink bietjie terug oor jou lewe. Hoe skoon en sondeloos was jy? Waaruit het Jesus jou gered? Kan jy identifiseer met wat Dawid in Psalm 40:3 skryf?

… en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.

Kan jy nog onthou wat in jou hart gebeur het toe jy in volle oorgawe voor Jesus gebuig het en jou lewe aan Sy beheer oorgegee het? Dawid vertel in Psalm 40:4 wat in sy hart gebeur het:

En Hy het ‘n nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.

Ek weet nie of dit met jou ook so was nie, maar daardie aanvanklike onstuitbare, onverskrokke opgewondenheid het by my later afgeplat. Soms het ek naby die Here gevoel, maar daar was beslis baie tye dat ek nie die intieme teenwoordigheid van die Here ervaar het nie. In daardie tye het ek besef dat dit nie Hy is wat van my af weggetrek het nie. Die fout lê by my…

En ek dink dit is die proses wat die Here ook gebruik om ons van heerlikheid tot heerlikheid te verander. Elke keer as ons bewus raak van ‘n skeiding tussen ons en God, en ons buig voor Hom en vra dat Hy sal wys wat die oorsaak is, raak ons bewus van dit wat ons moet aflê of vergewe of met iemand moet gaan regmaak. En so werk Hy meer en meer Sy heerlikheid in ons uit.

Maar Hy gaan dit nie op ons afdwing nie. Die verandering van heerlikheid tot heerlikheid is net daar vir die wat in opregtheid wil buig en in gehoorsaamheid wil verander volgens wat Hy openbaar.

Paulus roep die gelowiges in Efese in Ef 4:17-5:2 op om in hulle daaglikse optredes die dinge neer te lê wat hulle lewe vantevore gekenmerk het. Hy praat oor dinge soos leuens, vloek en slegte taal, steel en kwaad word. Want dit sal beslis nie die heerlikheid van God verkondig nie. In Ef 4:20-24 moedig Paulus hulle aan om erns te maak om anders te lyk as die wêreld:

Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Ons besef sommer dadelik dat dit nooit ooit in eie krag vir ons moontlik sal wees om dit reg te kry nie. Elkeen van ons het al menige male teleurgesteld gestaan en besef dat ons weereens nie geslaag het in ‘n spesifieke area nie.Maar dink net gou weer terug aan die dag van jou oorgawe aan Jesus. Onthou jy dat jy iets in die lyn van “ek gee alles oor aan U” gebid het? Dit is presies wat die Here van ons vra in ons dag tot dag se lewe. Daar is net een manier om van heerlikheid tot heerlikheid verander te word. En dit is om in konstante bewustelike oorgawe aan Jesus te leef. Dit vra ‘n ingesteldheid van “U wil en nie my wil nie…” Dit vra ‘n gebed soos die van Dawid in Psalm 139:23-24:

Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

Ons liefdevolle Vader sal so ‘n gebed beantwoord deur vir ons te wys waarmee ons besig is wat skeiding tussen ons en Hom bring. Dinge wat nie getuig van Sy heerlikheid nie. Hy sal ons verander,want in eie krag kan ons dit nie doen nie. Net op grond van die heerlikheid van Sy genade sal Hy dit doen.

Groete en seën

Ellison

The post Die Heerlikheid van God (06) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.

Die Heerlikheid van God (05)
27 April 2025

Die heerlikheid van God (05)

En nou die groot vraag…

Hoe word ons verander van heerlikheid tot heerlikheid?

2 Korintiërs 3:18

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Is dit moontlik dat ons, wat elke dag soveel keer faal in ons getuienis van wie Jesus is en wat Hy vir ons persoonlik gedoen het, regtig verander kan word van heerlikheid tot heerlikheid?

In Romeine 8:28-30 sien ons hoe God ALLE omstandighede in Sy kinders se lewens gebruik om ons van heerlikheid tot heerlikheid te verander…

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

Die belofte en versekering van Rom 8:28-30 is egter nie vir enige mens bedoel nie. Dit is net beskore vir die wat hulle harte voor God buig en Hom as Verlosser aanneem.

Efesiërs 1:5-6 lig die heerlikheid van die genade van God uit.

…deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde…

Die heerlike genade van God se redding deur Jesus se dood en opstanding is die enigste manier hoe ons in heerlikheid voor Hom kan wees. Nie in eie krag of dade nie. Net in en deur Hom…

Efesiërs 1:12-14 verseker ons van die realiteit van die heerlikheid waartoe Jesus ons roep. ‘n Realiteit wat ons deel word as ons glo. ‘n Realiteit wat vir ons gewaarborg word deur die Heilige Gees. ‘n Realiteit wat die heerlikheid van God beklemtoon en verkondig..

… sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat  reeds tevore op Christus gehoop het, in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelievan julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle  ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid…

In die Ou Testament het God sy Heerlikheid sigbaar vertoon deur byvoorbeeld ‘n bonatuurlike verskyning in die wolk of die vul van die tempel op een of ander tasbare bonatuurlike manier. Maar in hierdie verse sien ek nou iets anders raak. Nou lyk dit vir my of die Here sy Heerlikheid aan die wêreld toon deur sondaars te verlos van die dood en hulle in te bring in die koninkryk van Sy liefde.

Wanneer ons dan praat van verander te word van heerlikheid tot heerlikheid, klink dit vir my of ons die Here moet toelaat om ons te heilig en ons lewens al meer te vorm om Hom te eer. Dit vra dat ons sonder voorbehoud of agenda, met ‘n onbedekte gesig voor Hom sal wees. Met ‘n opregte verlange om Hom beter te leer ken. As ons met ‘n gebroke leerbare gees voor Hom buig, sal Hy ons verander van heerlikheid tot heerlikheid… tot lof van Sy Heerlikheid.

Ek hoor graag wat jy hieroor dink.

Groete en seën tot ons weer gesels.

Ellison

The post Die Heerlikheid van God (05) appeared first on Waarheid in Liefde Produksies.